Maaltye

R 340.00

Maklike geregte vir elke geleentheid

Wat die alledaagse uitdagings van die lewe betref, is die voorbereiding van 'n voedsame maaltyd vir die gesin gewoonlik boaan die lys.
In Maaltye - Moeitelose kos vir elke dag, vind u slim oplossings vir middagete, aandete en onthaal. Christine Capendale is geïnspireer deur diegene wat graag interessante en gesonde kos eet, maar nie baie tyd het om te kook nie, en het aanloklike geregte geskep wat gedeel kan word met die mense wat u graag rondom u wil hê.

Author: Christine Capendale
ISBN: 9780798178150
Date Released: February 2019
Format: Soft cover, 208pp